Seisoen 2 Episode 13: Voel jy, jy word nie gehoor nie
Liezl Smith,
Om nie gehoor te word nie maak seer, ongeag jou ouderdom of die verhouding jy sukkel om jou stem en mening oor te dra.Dit kan alles op 'n vroeë ouderdom begin. Byvoorbeeld jy probeer om jou optrede aan jou ouers te verduidelik, net om te sien dat hulle nie jou woorde hoor nie, nie na jou gedagtes luister nie, en nie jou verwagtinge aanvaar nie
Seisoen 2 Episode 12- Liezl Smith - Droom Groot In 2024
Liezl Smith, 'Onthou, altyd dat dit ons niks kos om te droom nie. Dit is hoekom droom die eerste stap is wat almal moet neem voordat hulle enigiets anders kan doen, soos om hulle doelwitte of sukses in die lewe te bereik. Daar is geen verskoning om nie Groot te droom nie. Om groot te droom gaan nie daaroor om op te gee op ons bestaande drome en om met minder te skik nie - dit gaan daaroor om onsself te dwing om die beste persoon te wees wat ons kan wees, want net ons weet dat daar meer daar buite vir ons is as ons bereid is om ekstra moeite in te sit
Seisoen 2 Episode 11 - Brian Davids ( AKA ) PrisonDENT & Gwenda Johannes
Brain Davids, alombekend by skole en in die gemeenskappe as die prisonDENT in die Oos-Kaap, Gqeberga. Boorling van die groot Karoo Graaff-Reinett en is tans werksaam by die Department van Korrektiwedienste met meer as 35 jaar diens. Brain, het jare gelede 'n program gehad met naam die POLCORR (People of Law Children of Recognitional Rigths) 'n kombinasie van die Polisie, Korrektiewedienste en Justisie. Die fokus was op skole, kinders en die jeug. Máár, vandag bestaan die Prisondent vir meer as 10 jaar en kweek bewusmaking in skole en in die gemeenskappe en beeld uit hoe die lewe in tronk is.
Gwenda Johannes, 'n ma van 3 dogters en boorling van Port Elizabeth en nou Gqeberga. Sy is toegerus met 'n onderwysgraad en kwalifikasies as 'n fasiliteerder en moderator, toon die prisonDENT se toewyding aan onderwys en rehabilitasie. Haar uitgebreide ervaring wat strek oor onderrig en 'n 21-jaar dienstyd binne 'n korrektiewe fasiliteit, wat uitloop op haar rol as skoolhoof, strook perfek met die organisasie se missie. As Besturende Agent van Onderwys- en Rehabilitasieprogramme verseker haar kwalifikasies en kundigheid die ontwikkeling van impakvolle opvoedkundige inisiatiewe, wat die prisonDENT se verbintenis tot misdaadvoorkoming, opvoeding en gemeenskapsherintegrasie versterk.
2023 © KUIER MET LIEZL - Aangedryf deur Digital Universe Jou AANLYN Maatskapy