Oops! Sorry!!


This site doesn't support Internet Explorer. Please use a modern browser like Chrome, Firefox or Edge.

  • +27 61 820 5688

  • Thank You for Your Support - Finalist

    Women's Lifestyle Network

    Finalist in the Women's Lifestyle Network Awards in the Category Media

    Women of Stature Awards

    Finalists in the Women of Stature Awards in the Category Media.

    Thank You ! Excited For This Nomination

    It feels amazing to be nominated! I was so happy when I heard the news! I was jumping up and down like I already won! It feels like everything was worth it and it makes me wake up in the morning with a smile on my face. I know it’s only nomination, but it’s always nice to be considered, especially with other people who are killing it as well! Podcasting is not easy!

    I am looking forward to meeting all of the amazing people who were nominated. It is nice to meet new people, because in my line of podcasting and socialising is very hard.

    When your brand celebrates and priorities the identities that exist on the margins of society you are rarely given permission to take up space, and it’s in that space that you have the chance to recognise the power of your work, to validate the time and energy that work took, and encourages you to continue on the journey forward in that work.

    Winning would mean so much to me. It would show that the hard work I have put in for the past six months has been worth it. Sometimes you feel like you’re just writing or presenting your content or a post and putting it out into the world, with no knowledge of whether anyone will actually read it. It always astounds me when people do, and my content resonates with them. It makes it all worthwhile.


    Vote For ME Here

    Ongefilterde gedagtes en eerlike praatjies

    Kuier Met

    Liezl

    Kuier met Liezl, is 'n weeklise opname wat bemagtig, inspireer en motiveer deur positiewe werklike lewens ervarings. Ek glo dat die lewe een GROOT KLASKAMER is en ons leer daagliks terwyl ons verder reis.

    Hierdie platform is geskep om inspirerende en werklike ervarings te deel. Ons gemeenskappe is 'n beweging van liefde, dit verteenwoordig iets groter as ek, wat geloof en wysheid by mekaar inboesem, sodat ons almal holisties goed kan wees.

    Die visie is duidelik, dit is om te help bou aan 'n generasie van samelewingsbouers. Wysheid en welstand is 'n beweging wat paradigmas verskuif, dit is 'n ruimte wat alle geleenthede vir persoonlike ontwikkeling, geestesgesondheid, fisiese groei verken en benut. Die doel van die potgooi is nie om wêreld se probleme op te los nie, maar dit gaan daaroor om die saad te plant vir breër besprekings rondom kwessies wat mense daagliks beleef.

    FINALIS TOEKENNING

    Dankie Aan Almal Vir Die Ondersteuning

    Daar is nooit ooit woorde om Dankie genoeg te sê nie!


    As ek dink aan elkeen van julle my liefste Kuier-mense, is julle die mense wat daar was vir my deur my reis, met Woman in Stature in die media kategorieë. Julle onwrikbare ondersteuning het die wêreld vir my beteken en het my die krag gegee om voort te gaan.


    Vir elke stem, of dit nou 'n vriendelike woord of 'n deurdagte gebaar was, elke dingetjie wat jy gedoen het, het 'n groot impak gehad in my reis. Ek weet nie hoe ek dit so ver kon gemaak het sonder julle nie. Dankie dat julle konstante in my lewe is waarop ek altyd kan staatmaak.


    Dankie vir julle ondersteuning, ek waardeer dit opreg en uit die diepte van hart.

     

    Stroome

    0 , Binnekort

    Episodes

    15

    Aflaai

    55

    Wat Sê Ons Luisteraars

    Hoekom Jy Na Hierdie Potgooi Moet Luister

    Dit bring soveel nuwe perspektiewe op die lewe en dit poog om te motiveer, te inspireer en die LEWE "Real" te maak

    Rede #1

    Ek glo dat die lewe een GROOT KLASKAMER is en ons leer daagliks terwyl ons verder reis. Ek het Kuier Met Liezl geskep, om te inspireer, motiveer sodat mense hulle eie positiewe stories kom deel op hierdie platform.*

    Rede #2

    Die Kuier Met Liezl,is 'n platform waar ek poog om diep bande met my gaste en luisteraars wil bou deur kragtigee relevante gesprekke.

    Rede #3

    Nooit, het ek my voorgestel dat ek my storie en ervaringe op nasionale televisie met duisende mense sou deel nie.

    Luister Na My Nuuste Potgooi, Hier !

    Hier vind jy al die nuutste potgoois propvol stories van regte mense.

    S3 - Episode 6

    Adele de Bruin, is ma van 7 kinders en getroud met die dierbaarste en wonderlike man. Sys 'n huisvrou en afkonstig van St. Helena Baai. Adele, was voorgestel deur haar niggie, aan die dwlem genaamd tik. Sy was vir jare verslaaf aan tik en so haar klere beginne verkoop om haar addiction te maintain. Later het sy haar kinders se klere en alle elektriese toebehore ook verkoop. Tot die eendag wat haar man 'n beskermingsbevel teen haar uitgereik en sy dit oortree het en hy 'n saak teen haar gaan maak het. Syt voorgekom en het 2maande tronkstraf. In haar eie woorde sê Adele,"I've overcome the drug addiction through the grace of God". Vandag is sy 'n skrywer en het haar 1ste boek geskryf met die titel; "Second Chances" en sy probeer elke om die beste ma vir kinders te wees en vrou vir haar man.

    Adele de Bruin

    Bekroonde Radio-omroeper

    Deur die jare het ek verskeie toekenings gewen vir uitmuntende radio diens;

    • POORT FM : Hero Award

    • POORT FM : Best Influential Line Up Guest Award

    • POORT FM : Best Afrikaans Show - Vermaak Met Liezl

    My luisteraars maak dit moontlik vir my om my beste te lewer. Ek doen dit vir hulle want sonder hulle sou ek nog nooit hierdie toekennings ontvang het nie.

    Liezl Smith

    Bietjie Oor My

    My radio reis het in die 1999 - 2000 by Radio Riverside begin, te Upington was ek mede-aanbieder op 'n jeugprogram, Youth on the move". In 2015 tot 2018 het ek by Poort fm aangesluit, waar ek my opleiding by Mams Radio ontvang het. In Maart 2018, verhuis vanaf Pretoria na Bloemfontein. Ek het 'n geleentheid by CUT fm gekry as 'n mede-aanbieder op die "Die Sondag Opstaan" vanaf Junie 2018 tot Maart 2019. Terug in Pretoria, het ek weer by Poort fm aangesluit en was mede-aanbieder vir "The Gospel" en nuusleser vir Afrikaans vir 'n tydtjie. September 2019, aanbieder van die Afrikaanse geselsprogram, Vermaak met Liezl, tot en met Februarie 2023.

    My reis: Liezl Smith, gebore en getoë in Upington. My ouderdom? Ek is groot en as dit reg is met jou gaan ons dit daar laat. As ek moes teruggaan, veral na my 10-jarige self. Ek sou vir haar vertel het, wie sou ooit kon dink dat sy op verskillende radiostasies sou wees. So, hou jou kop hoog en sien uit na iets magies wat in jou lewe gaan gebeur, dit is wat ek vir haar sou sê. Radio was nie deel van my lot nie. Ek dink ek sou sê radio het my gevind.

    My hoogtepunte, in radio, was beslis omdat ek die voorreg gehad het om Drs. Emmanuel Taban en Imtiaz Sooliman onderhoud mee gevoer het.Ek is 'n groot aanhanger van albei. Vandag, is ek die stigter en gasvrou van 'n weeklikse potgooi, Kuier met Liezl. As iemand vir my jonger 10-jarige self vertel het waar ek 'n paar jaar later sou wees, sou ek vir hulle gelag het en nooit 'n woord geglo het wat hulle gesê het nie. Want ek het geen idee gehad dat ek my tuis sou maak agter die mikrofoon, nie om te sing nie asseblief.

    My Loopbaan Deur Die Jare,  In Radio

    Van POORT FM na CUT en vele meer

    POORT FM

    MAMS FM

    CUT FM

    Hoekom Het Ek Kuier Met Liezl Potgooi Begin ?

    Elkeen van ons het 'n storie om te vertel en niemand kan jou storie beter as jyself vertel nie. Jare gelede was ek in 'n motorongeluk en my oë in Intensief oopgemaak het. In 'n koma,gebreekte sleutelbeen, verlam en senuweestelsel wat aangetas is. Dit het gelei in my kinderjare dat ek baie skaam en teruggetrokke was, totdat 'n onderwyser eendag aan my gesê het; "Liezl, ons is almal hier op aarde vir 'n doel, ons is almal uniek in wording en anders geskape. Ons is almal geskape om ons eie drome te volg en ons end bestemmings te bereik.

    Nooit, het ek my voorgestel dat ek my storie en ervaringe op nasionale televisie met duisende mense sou deel nie. Die Kuier Met Liezl,is 'n platform waar ek poog om diep bande met my gaste en luisteraars wil bou deur kragtigee relevante gesprekke. Die visie is duidelik, dit is om te help bou aan 'n generasie van samelewingsbouers. Die podsending gaan daaroor om gesprekke tevoer oor kwessies waarmee mense daagliks te kampe het. Die doel is nie om die werêld se probleme op te los nie, maar dit gaan daaroor om die saad te plant vir breër besprekings rondom werklike ervarings wat mense daagliks beleef.

    Luister Nou !

    Wees die eerste een wat my nuutste Nuusbrief en Potgooi kry

    My maandelikse Nuusbrief is tjok en blok vol lekker stories van mense reg oor die land en hulle lewens ervaaringe. En wees die eerste om my nuutste Potgooi te kry.

    Ek respekteer jou privaatheid. Jou informasie is 100 % veilig met my.